top of page

Gee aandag aan wat jy glo, om 'n duideliker standpunt in te neem oor wie jy is.

Ondersteuning wat 'n verskil maak

conversation_edited.jpg
_edited.jpg

Behoefte Ontleding Sessie

Tyd om jouself, jou hart, te hoor

Ons begin met gesprek om jou basiese behoefte te verstaan. Gedagtes word in konteks gebring en die fokus van potensiële groei word gedefinieer. Op hierdie stadium is daar geen toekomstige verbintenis of kontraktering nie. Die doel van hierdie sessie is om te bepaal of daar 'n vertrouens verhouding en wedersydse aanvaarding, tussen aansoeker en afrigter is, of die afrigter kan bystaan op die gebied van die behoefte en tot watter mate kan die aansoeker hom daartoe verbind om aksie te neem om die behoefte aan te spreek.

Verhoudingsafrigtingsessie

Jy het 'n geidentifiseerde behoefte om in jou lewe aan te spreek, maar HOE?

Afrigting om antwoorde te ontvang op jou vrae waaraan jy vasgebind is. Jy het al die kennis en kundigheid, maar op een of ander manier ontwyk die antwoord en resultate jou. Dit kan diep of vlak vrae wees, maar die feit is dat dit jou vrede en rus steel. Dit is tyd om dit in jou area van invloed in te bring.

 

Vrae soos:

• Hoe sou my lewe getransformeer word as ek dit dadelik verander?

• Is dit die b este uitkoms wat ek kan voorstel of is daar iets groters?

• Wat is ek bereid om op te hou doen om die situasie te verbeter?

 

Dit is 'n reis wat nie alleen geloop moet word nie, want dit openbaar jou innerlike Waarheid en hoe om te loop vanaf daardie vibrasie van jou hart.

dad&son.jpg
Acceptance.jfif

Vaderhart een-tot-een afrigting

Evalueer jou kerngeloof en godsdienstige standpunte

Die kern van die Christelike geloof is die verhouding met God, die Vader. Dit is die verhouding wat die meeste verwronge raak in ons spirale van die lewe. Elke kyk, aanraking, reuk en woord van 'n aardse vader of gesagsfiguur het 'n effek op hierdie kernverhouding. Begin om na te dink oor die vryheid en vrymoedigheid wat jy het om Die Vader van aangesig tot aangesig te sien en tot die wese van jou bestaan en identiteit te kan aanraak. Besef dat daar is 'n veilige plek vir jou in Sy oë en omhelsing.

Geestelike Afrigtingsessie

Ontsluit wie jy is en kry die antwoorde van binne, in jouself, jou kern van jou bestaan en wese.

 

Afrigting in ewige vrae van:

• Wie is ek?

• Hoe hanteer ek konstante skuldgevoelens en onwaardigheid?

• Hoe stap ek uit my verwerping na 'n gevoel van behoort?

• Hoe herversorg ek my lewe, om rus te vind in my rolle en verantwoordelikhede in die lewe?

 

Dit is 'n reis wat nie alleen geloop moet word nie, want dit openbaar jou innerlike Waarheid en hoe om te loop vanaf daardie vibrasie van jou hart. Al hierdie antwoorde is binne jou. Dit is tyd dat jy jouself moet help. Begin lewe.

bottom of page